Tabernacle of David

Contact JC Le Roux (Conrad): +27 84 363 0966

Testimonial – Elizabeth

29/10/12

Israel…………

Hier kom dit nou…………….gedink ek deel dit met my toerleier (in die ware sin van die woord)

Conrad, wat Israel vir my beteken het is baie moeilik om in woorde om te sit……….dit is eerder ‘n insig of begrip wat ek die voorreg gehad het wat in my gees bevrug kon word en dit op sy beurt wat deurbeweeg na my gedagtegange. En dit was grotendeels te danke aan jou en veral dit waaraan jy my bloot gestel het…daarvoor kan ek Jesus in jou loof, maar ook wie en wat jy is baie dankie voor sê, om te sê ek het dit geniet is ‘n erge ‘under statement’. TODA RABBA

Ek het die toer en mense opsigself vreeslik baie geniet, dit was “excITING” om rond te ry en plekke te sien, te chat en skerts met mekaar; dit was vullend om met medegelowiges begrippe te kon deel, hul stories te kon geniet en deel te word van hul ervarings, dit was vars om hul siening en opinies te kon hoor en deel te word van ‘n stukkie van hul lewenspad; dit was voedend om aan Ps Sithole & Triphina se voete te kon wees….hul eenvoud en nederigheid en aanvaarding van almal was vir my die mees spesiaalste, dit was werklik asof ek van die ‘druppels’ wat van hul af drup (soos met Moses)  kon drink en inneem. Dit het my lewe werklik verryk en sal ek dit vir die res van my lewe wil onthou! Die boot op Galilea was ‘n baie baie spesiale afspraak vir my met Y’shua, ek dink die mooiste hoogtepunt vir my….sommer nog so op die sabbataand ook!! Wat ‘n voorreg!!! Dit is my voorstel dat jul noooooit hierop kompromiee moet maak nie!!

Ek is van opinie dat hoe jul die toer organiseer in terme van inligting, hetsy geskiedkundig, polities en/of geestelik die deurslaggewende rol speel tot die ‘sukses’ daarvan. Daar is ‘n baie spesiale goddelike balans waarin beide jong en volwasse geesvervulde persone kan ‘bask’. Die manier hoe jy die groep van 50 verskillende mense hanteer en in orde hou sonder ongoddelike beheer en met gemengde erns asook skertsende ligtheid is besonders!!!!!! Dit opsigself is ‘n gawe! Bless you!! Ek dink dit is jou omgee vir mense wat ook bydra tot hierdie afronding. Ek het baie van orde geleer en besef hoe uit plek ek nog is in sekere areas. Dankie!

Die laaste vier dae….ag wat kan ek sê….dit was die cherry on top…ek dink dit is hoekom ek Israel toe moes gaan (ek het dit mos ook van die heel begin af geweet toe jy noem van die terugvliegdatums). Ek kan nie in woorde omsit wat ek geleer het nie, maar soos ek met mense praat en my gees-gedagtes in woorde moet omsit, besef ek hoe kosbaar Yashua vir my was en is! My eerste aand met Messiaanse Jode (saam met Ps Sithole) was ‘n sleutel vir my gees om oop te kon maak vir die 4 dae wat sou volg. Ek kon net sit en ‘soak’, inneem & leer, ..en WERKLIK die tye in die prayerhouses GENIET! Behalwe dat dit broodnodig was vir my, het ek my gate uit geniet, ook om iemand saam met my te kon hê wat dit ook geniet…en nie net alles so alleen alleen nie! Ek is seker daarvan dat my hartklop en Y’shua sin nou nog nader aan mekaar is as ooit te vore!!

Dit het my hart gebreek wanneer ek God se hart vir sy mense gesien en besef het…wanneer ek mans veral in absolute ‘gebroke’ gees en kwesbaarheid hul Alpha en Omega sien aanbid het! Hoe hul God vra vir seën, voorspoed en bewaring in iets wat hul weet hul nie kan ontkom nie…..daardie profetiese gebedsaand was eye-opening vir my! Die feit dat die messiaanse Jode net ‘n outoriteit en absolute salwing van nature het, het my met insig gestig wat ek nog self sal moet ontsyfer. Maar dat ek nou hul ‘teachings’ sal opsoek is waar! Ek dink dit lê in hul afhanklikheid en kwesbaarheid, benewens die feit dat hul hul Messias se Wil baie makliker en meer volledig begryp en kan toepas! Hul suiwerheid was vir my ‘n geestelike vars briesie! Dit skep by my die begeerte om onophoudelik Jesus se voete te soek en te wil salf!

Israel 2012 was ‘n OPENBARING ‘n GEESTELIKE BEVRUGTING vir my en ek stap veel RYKER hier uit as wat selfs ek voorheen sou kon dink!!!!!!!!!!!!!!!

Dankie vir jou bydrae in my lewe….jy is kosbaar…..mag jy geseën word…mag jy van glorie tot glorie gelig word….mag jy baie vrug dra!!!!!!

Guns op  jou lewe
Elizabeth

Tweet